Boer nou presies en winsgewend
Johan van der Merwe
Landbouweekblad Agri Megaweek Promosie
As presisieboerdery vir jou ’n mikpunt is, is Aeroview ’n uitstekende hulpmiddel in jou boerdery.
Aerobotics, ’n tegnologiemaatskappy van Kaapstad, se digitale platform is nou bekostigbaarder en gebruikersvriendeliker as ooit. Die maatskappy is al meer as drie jaar lank gemoeid om dataverwerking vir die landbou bruikbaar te maak.
Mnr. Hein Gerber, sitrusboer van die First Fruit Farms by Simondium naby die Paarl, sê Aeroview, Aerobotics se dataverwerkingsplatform, is die gebruikersvriendelikste platform wat hy nog teëgekom het.
“Vir die boer wat bereid is om moeite te doen en ’n behoefte het om in meer detail presisieboerderypraktyke toe pas, sal hierdie platform gewis van waarde wees.